De Villiers Attorneys
  • We have moved

Versigtig vir die huwelik sonder ‘n kontrak

28/1/2016

1 Comment

 
Somermaande is hoogseisoen vir troues.  As Prokureur, is dit altyd vir my interessant hoeveel paartjies wat op trou staan by Prokureurs se kantore instorm (selfs ‘n dag voor die troue!) en ‘n “huwelikskontrak” wil hê – maar watter een?

Hierdie is gewis een van die belangrikste kontrakte wat enige mens in sy/haar lewe sal aangaan.  Die gevolge van hierdie kontrak word dikwels eers duidelik by egskeiding of dood van ‘n gade (dink aan boedelbelasting). 

Die belangrikste konsep om te begryp met hierdie kontrak is: Sonder ‘n kontrak, veroorsaak ‘n huweliksbevestiging dat een gesamentlike boedel ontstaan (al die man en vrou se bates en laste word saam in een “mandjie” gegooi).  Daarteenoor, sal die sluit van ‘n kontrak twee boedels te weeg bring.  Laasgenoemde bied die voordeel dat gades beskerm word teen mekaar se skuldeisers en onnodige boedelbelasting in sekere gevalle. Die huwelikspartye sal ook onbeperk kan kontrakteer, anders as by die huwelik binne gemeenskap van goed. Die toepassing van die aanwasbedeling (“ons wil trou met aanwas”) kan maklik deur die volgende geillustreer word:  Gestel Jannie en Sannie se huwelik beëindig en hulle was “met aanwas” getroud. Jannie was voor die huwelik R1miljoen sterk en Sannie R3 miljoen. Jannie se afsonderlike boedel het tydens die huwelik vergroot met R 0.5 miljoen en Sannie s’n met R5 miljoen. Wie kan wat eis? Jannie het ‘n aanwas-eis teen Sannie van R2.5 miljoen en Sannie kan R0.25 miljoen van Jannie se aanwas eis.  Jannie en Sannie is dus na die hierdie tipe huwelik onderskeidelik R3.75 miljoen en R5.75 miljoen sterk. Sou hulle sonder aanwas getrou het, was Jannie op R1.5 miljoen en Sannie op R8 miljoen.  As hulle nie ‘n kontrak gehad het nie, was hulle beide op R4.75miljoen.

Dit is krities belangrik dat huweliksvoorwaardekontrakte opgestel word na deegelike konsultasie voor huweliksluiting, met ‘n prokureur wat hierin praktiseer synde die meriete van elke geval juridies oorweeg behoort te word.

André de Villiers is ‘n Praktiserende Prokureur by die Firma André de Villiers Prokureurs en praktiseer in sake wat Families en Besighede raak.

Read More
1 Comment

    About the blog

    I am writing a series of articles for the Potchefstroom Herald newspaper. They will also be published here. 

    Archives

    February 2016
    January 2016

    Categories

    All
    Ante-Nuptial
    Eiendomsreg
    Familiereg
    Family Law
    Huwelik
    Kontrakte
    Property Law

    Subscribe to our Newsletter

    RSS Feed

PRACTICE NUMBER: F16541
MEMBER OF THE LAW SOCIETY OF THE NORTHERN PROVINCES ​(MEMBERSHIP NUMBER 37204)
© COPYRIGHT 2017. ALL RIGHTS RESERVED.
  • We have moved