De Villiers Attorneys
  • We have moved

Die slaggate van Eiendomstransaksies

11/2/2016

0 Comments

 
Menige mense weet dat ‘n mens met eiendomstransaksies moet katvoet loop, maar vir wat spesifiek? Die onderstaande is haakplekke wat dikwels in Potchefstroom kop uitsteek.

Verkopers verloor dikwels geld met:
  • Okkupasiedatums wat nie skriftelik ooreengekom is nie.
  • Okkupasie-huur wat nie betaal word nie. Verkopers moet verseker hulle kry hul geld voor okkupasie deur die koper plaasvind.
  • Gebreke wat verswyg word en kopers wat skade ly as gevolg hiervan.
  • Onbillike of onuitvoerbare voorwaardes in ‘n kontrak.
  • Die feit dat die verkoper nie die prokureur aanwys nie en die koper se prokureur dikwels in die koper se belang optree. Die verkoper loop die risiko dat die koper se prokureur die transport laat sloer. Onthou, verkopers wys normaalweg die prokureur aan.
  • Onduidelike kommissie-berekeninge. Vermy persentasies – werk op bedrae. Onthou van sommige agentskappe se BTW wat gehef word.
  • Onduidelike bepalings by kansellasie van die ooreenkoms. 
  • Verstaan nie jurisdiksie-reëls nie, wat regsaksies kan duurder maak indien nodig. Konsulteer met ‘n Prokureur.
  • Plaas nie die eiendom in die mark vir ‘n markverwante prys nie.
  • Teken ‘n kontrak deur ‘n koper wat nie finansieël daartoe in staat is om die eiendom te koop nie.

Kopers verloor dikwels geld met:
  • Risiko wat oorgaan voor datum van Transport en versekering is nog nie in plek nie. Lees die kontrak noukeurig.
  • Elektriese sertifikate wat bedenklik gedoen is – kry ‘n tweede opinie!
  • Die feit dat verkopers se munisiplae rekeninge nie opbetaal is nie – dit sloer die transaksie dikwels. Kry ‘n waarborg hiervoor.
  • Voetstootsklousules – Eiendomsagente en verkopers moet gebreke waarvan hul bewus is.
  • Gebreke wat nie openbaar is nie – vra vir ‘n openbaarmakingsverslag deur verkoper of eiendomsagent.
  • Koop eiendom aan vir pryse hoër as markverwant.

André de Villiers is ‘n Praktiserende Prokureur by die Firma André de Villiers Prokureurs
en praktiseer in sake wat Families en Besighede raak.
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    About the blog

    I am writing a series of articles for the Potchefstroom Herald newspaper. They will also be published here. 

    Archives

    February 2016
    January 2016

    Categories

    All
    Ante-Nuptial
    Eiendomsreg
    Familiereg
    Family Law
    Huwelik
    Kontrakte
    Property Law

    Subscribe to our Newsletter

    RSS Feed

PRACTICE NUMBER: F16541
MEMBER OF THE LAW SOCIETY OF THE NORTHERN PROVINCES ​(MEMBERSHIP NUMBER 37204)
© COPYRIGHT 2017. ALL RIGHTS RESERVED.
  • We have moved